Vir belangrike reëlings oor Sondagaand se dissipelskapbyeenkoms, kliek hier.



Wegneemetes spyskaart

Kaartjies: Odette

20 Mei

R50 ete

Bobotie

Geelrys en sous

Pampoen

Spinasie

 

R65 ete

Bobotie

krummelvarktjops

Geelrys en sous

Pampoen

Spinasie

 
Luisterspan Skakel

Indien lidmate inligting na die Luisterspan wil deurgee, kliek op hierdie skakel.

Jy kan die boodskap anoniem stuur indien jy so verkies.


Erediensgroep

Indien lidmate inligting na die Erediensgroep wil deurgee, kliek op hierdie skakel.

Jy kan die boodskap anoniem stuur indien jy so verkies.


Nuutste Kommentare
  • Kompetisie
    Nog net 2 daggies om vir jou gunsteling foto te st...
    Deur Louise Theron
  • Kompetisie
    No 4
    Deur Lanois
  • Kompetisie
    Foto nommer 7
    Deur Olga Human
  • Kompetisie
    1e plek Foto nr 1. Waar kinders bemagtig word om m...
    Deur corneille
  • Kompetisie
    Foto no 8 waar die wonderlike genot van die gee-on...
    Deur Stephany Baard
Sosiale Media Skakels
Helderberg Facebook
Helderberg Twitter

Aantal Besoekers
Vandag68
Gister100
Week785
Maand2404
Sedert Desember 201051039
Terugvoer

Indien jy enige terugvoering wil gee oor die werking van hierdie webblad, kan jy hierdie vorm gebruik. Nie vir kommentaar op artikels nie. (Word gestuur aan Burgert le Roux - Webmeester)

 
Internet Explorer

Gebruikers van Internet Explorer mag probleme ondervind om sekere dokumente oop te maak.

Kliek hier vir oplossing.


Vars Nuus!

  • Uitreiknuus

    Uitreiknuus

  • Aandete vir Maandag!

    Aandete vir Maandag!

  • Sondagaand!

    Sondagaand!

  • Jaarvergadering

    Jaarvergadering

  • Nuwe dissipels

    Nuwe dissipels

  • Mei Helderstem

    Mei Helderstem

Uitreiknuus

Dankie vir almal se deelname, die wenner van die fotokompetisie sal by Uitreik se jaarvergadering bekend gemaak word.  Die nuutste uitreiknuusbrief is beskikbaar op die webblad, kliek hier. Lees meer...

Aandete vir Maandag!

Die Versorgingsfonds (vir ons eie lidmate in nood) verkoop Maandag 21 Mei weer heerlike lasagne met ’n rolletjie vir R25. By ‘n vorige geleentheid het die lasagne vinnig uitverkoop. Bestel gerus hierdie keer betyds om teleurstelling te voorkom. Die lasagne sal in wegneemhouers wees en reeds vanaf 17:00 in die kombuis van die kerk afgehaal kan word. Lees meer...

Sondagaand!

Daar sal eerskomende Sondag, 20 Mei, geen dissipelskapbyeenkoms by die kerk wees vir

Lees meer...

Jaarvergadering

Hiermee ‘n vriendelike uitnodiging na die Jaarvergadering van Helderberg Uitreik op 28 Mei 2012 om 19:00 in Joppe.

Tema: My Gemeente - My Gemeenskap  Lees meer...

Nuwe dissipels

Hier is die groep wat Sondag 13 Mei belydenis van geloof afgelê het.

Lees meer...

Mei Helderstem

Die nuutste Helder- stem is vars van die drukker. Lees meer...
Previous
Volgende

Beradingsentrum

 

Liewe Lidmaat

Hiermee stel ons graag die Helderberg Beradingsentrum aan jul bekend.  Die Beradingsentrum is ‘n diens aan individue, gesinne, families en die wyer gemeenskap, om mense met emosionele, fisiese, psigiese, sosiale of spirituele nood te help.  Dit is egter nie ‘n maatskaplike diens nie en geen finansiële hulp word gegee nie.

 

Die berading sal in ‘n gees van liefde, aanvaarding, vertroulikheid, veiligheid en binne die konteks van die Christelike geloof plaasvind.  Daar word te alle tye gepoog om ‘n professionele diens te lewer waar supervisie en voortgesette onderrig ‘n belangrike rol speel.  Die Beradingsentrum is deel van die Onderlinge Sorg Bediening.

 

Die volgende riglyne sal die proses van verwysing duideliker maak:>>

 

Hemelvaart

 

Donderdag, 17 Mei 2012, is dit Hemelvaart. Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”.  Dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, is nou “aan die regterhand van God die Vader” en regeer dus saam met die Vader oor die ganse skepping en Sy kerk.

 

Petrus verwoord dit so mooi in sy preek op Pinksterdag (Hand 2:36). Hy preek nie in die eerste plek oor die opstanding van Jesus nie – anders as wat ‘n mens sou dink – of oor die uitstorting van die Heilige Gees nie, maar oor Hemelvaart. Petrus verwys wel na die kruis en opstanding, maar alles kulmineer in die Hemelvaart! Hy vat sy boodskap saam in die volgende woorde: “Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” Dit sê Petrus op grond van Jesus se hemelvaart.

Kom vier Donderdagaand om 19:00 saam met ons die Hemelvaart in die kerk.

 

Levi's

 

“En die Here het vir Moses gesê: ‘Stel die Leviete beskikbaar vir my diens’”


Hierdie is ‘n baie maklike geleentheid om betrokke te raak in ons geloofsgemeenskap.

 

Ons Levi’s is verantwoordelik vir die volgende:

Verwelkoming by die deure voor eredienste
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes.  Daar is niks so belangrik soos om mense tuis en deel te laat voel van ons familie nie.  Al wat jy nodig het is ‘n vriendelike glimlag en ‘n omgee hart!>>

 

My storie - ons storie - dié storie

 

 

Winterskool 2012 – Universiteit Stellenbosch/Communitas

Predikante, studente en akademiese personeel van verskillende skole van godsdiens asook die breë publiek word uitgenooi na ‘n Winterskool met die tema:  My Storie – Ons Storie – Dié Storie wat van Dinsdag 5 Junie tot Donderdag 7 Junie 2012 deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch in samewerking met Communitas, die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie en Ekklesia  aangebied word by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

 

Tema:  My storie – Ons storie – Dié Storie

Biografiese en narratiewe besprekings sal ingespan word om persoonlike stories en drome van gewone mense (persoonlike storie/s) te verbind met gedeelde stories en realiteite van ons land (kollektiewe storie/s). ʼn Derde fokus sal wees op die verhaal van ons godsdienstige tradisies, spesifiek die storie van die Christelike geloof.>>

 
Lig-toring
  • 19 Mei 2012

    Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.


    Ek sal eerlik wees en moet erken dat ek nie weet hoeveel van julle wat hierdie stukkie gaan lees het ‘n Facebook rekening nie, maar ek is wel seker dat meeste van julle vertroud is met die konsep van hierdie internet gedrewe sosiale netwerk wat mense aan mekaar koppel.  Op Facebook het jy die geleentheid om verskeie “vriende” te hê.  Jy kan hulle selfs kategoriseer in: werksvriende, kennisse en dan goeie vriende.  Maar hoeveel van hierdie mense is werklik lewedgewende verhoudings?

    John Ortberg skryf: “Connectedness is not the same thing as knowing many people.  People may have many contacts in many networks, but they may not have any friends”

    In Kolossense lees ons hoe Paulus vir die mense vra dat hulle op ‘n nuwe lewedgewende manier met mekaar sal vriende wees, meer nog sal familie wees. Dat hulle met elke mens tot mens interaksie die Gees sal toelaat om in die interaksie te wees.  Sodat ons met mekaar kan “connect”.  Maar om te “connect” vra dat ons mekaar sal lief hê, moeite sal maak met mekaar, en sal toelaat dat ons in mekaar se lewens mag lewe bring.

     

    Gebed:  Dankie Here, dat U ons die geleentheid gee om wonderlike verhoudings te mag hê. Here help ons om hierdie kanse nie verby te laat gaan in ‘n tyd waar ons so maklik geneig is om net vir onsself te lewe nie. Mag U lewe deur ons.

    Jaco Theron

Omgeegebedslys

Sterfgevalle  
Francois du Toit is oorlede.  Ons dink aan sy vrou Hanneliese en die familie en vriende. Gedenkdiensreëlings is nog nie bekend nie.


Voorbidding vir die volgende mense word gevra:
Pieta Snyman - kanker
Denis van Olst - kanker
Ans Steyn - kanker
Rona MacGillivray - kanker
Coenie Basson - Village-siekeboeg
Doreen Myburgh - ope hartoperasie
Ulrich Engelbrecht - herstel
Annette Malan - gewas op brien
Thys Herbst - longkanker 
 
Rou 
Steyn-familie - Andrew oorlede

 
Bid vir 

Bejaardesorg in die Kom: Bid vir aftreeoorde en alle instansies wat bejaardes bystaan. Bid vir gesondheid en finansiële bestuur van bejaardes. Dank die Here vir soveel bejaardes wat nog hulle gesondheid en energie inspan om ander mense tot diens te wees.


Preekreekse en Temas

Tema vir die volgende diens: 

20 Mei: Handgemaak (Pinkster)


Komende Sondag se Preek
Volgende Afsprake

20 May 2012
Jeugaksie

20 May 2012 19:00 - 20:00
Pinkster

20 May 2012 19:00 - 20:00
Peuter, kleuter & kinder pinkster

20 May 2012 19:00 - 20:00
Geen Gebedskool

21 May 2012 09:00 - 10:00
TrimGim vir seniors

21 May 2012 10:00 - 11:00
Pinkster

21 May 2012 18:30 - 19:30
Informele begeleidingsgroep

21 May 2012 19:00 - 20:00
Peuter, kleuter & kinder pinkster

21 May 2012 19:00 - 20:00
Pinkster

22 May 2012 10:00 - 11:00
Pinkster

Liturgiese Jaar

Drie-eenheid Sondag
(Sondag, 03 Junie 2012, nog 14 dae)

Hervormingsdag
(Woensdag, 31 Oktober 2012, nog 164 dae)

Advent Sondag
(Sondag, 02 Desember 2012, nog 196 dae)