| Meer oor ons |
| Wie is ons | Ons waardes | So werk die gemeente | Al jou vrae |
| |
Al jou vrae |
| |
Hoe om ‘n kind te laat doop? |
| |
Registrasie vir doop moet by die kerkkantoor gedoen word vóór die sluitingsdatum |
| |
op die kalender. Voornemende doopouers moet asb vir Lize van Wyk kontak. |
| |
|
| |
Sy sal inligting verskaf oor die verpligte doopgesprek met ’n leraar. Dieselfde |
| |
iprosedure geld indien die kind by 'n ander gemeente gedoop word. Bring asb die |
| |
kind se geboortesertifikaat saam vir registrasie. |
| |
|
| |
Hoe om my kind by die Jeugaksie te laat inskakel? |
| |
Junior Jeugaksie (Gr 1 – 6) |
| |
Kom meld Sondagoggend om 09:30 aan by die Bruinsaal. Daar sal iemand wees wat |
| |
sal help met die inskrywing en klasindeling. Graad 1 - 6 kinders moet asb R20 |
| |
saambring vir die aankoop van die lêer wat hulle gebruik deur die jaar. Indien jou |
| |
kind reeds 'n maatjie ken wat in een van ons klasse is, sal ons hulle graag saam wil |
| |
indeel. |
| |
|
| |
Senior Jeugaksie (Gr 7 - 11) |
| |
Kom meld Sondagaand om 18:00 aan by die kerkkantoor. Daar sal iemand wees |
| |
wat jou sal help met die inskrywing en klasindeling. |
| |
|
| |
Hoe om ’n begrafnis te reël? |
| |
Familie kan die leraarsekretaresse, Ansoné du Toit, by die kerkkantoor kontak om |
| |
'n afspraak te reël met die leraar van hul keuse. Die leraar sal ook raadgee oor die |
| |
nodige reëlings wat getref moet word. |
| |
|
| |
Indien jy enige van die gemeentelokale, kombuis of ander fasiliteite wil gebruik, |
| |
moet jy die terreinbestuurder,Schalk van der Merwe, kontak by die kerkkantoor of |
| |
kliek hier en voltooi die besprekingsvorm. Stuur dan die voltooide vorm terug na |
| |
schalk@nghelder.co.za |
| |
|
| |
Die familie is slegs verantwoordelik vir die voorsiening van tee/koffie, suiker en |
| |
melk. Die kerkkantoor tref reëlings vir toebroodjies wat aan die begrafnisgangers . |
| |
bedien kan word Die familie kan ook hul eie spyseniers reël indien hulle dit so |
| |
verkies. |
| |
|
| |
>> Volgende |
<< Terug |
| |
|