Webwerf Soek:


 
   
Hoe raak ek betrokke ?
Ek wil 'n lidmaat word | Omgeegroepe en wyke | Bybelstudiegroepe
So kan jy help | Uitreikprojekte | Maak 'n bydrae | Gebed
   


Bybelstudiegroepe
   
Om die Bybel te bestudeer is definitief een van die belangrikste sake
waarmee `n gelowige besig moet wees. Die Psalmdigter stel dit so:
“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” Psalm 119:105
 
In ons gemeente word die Bybel by verskillende geleenthede bestudeer,
o.a. in Bybelstudiegroepe wat weekliks plaasvind.
 
Daar is op die oomblik oor die dertig sulke groepe met ongeveer 250 lidmate wat aktief betrokke is. Twee reekse word jaarliks behandel. Die huidige studie handel oor Paulus se 2de brief aan die Korintiërs en aan die begin van die jaar is `n handleiding met 18 Bybelstudie raamwerke aan alle belangstellendes verkoop teen R12.00 per kopie.

Elke raamwerk neem die vorm aan van `n aantal vrae oor die betrokke deel van die Skrif wat behandel word en die verwagting is dat lede vooraf, persoonlike voorbereiding doen aan die hand van hierdie vrae.
Elke Donderdagoggend om 08:45 kom die leier (of `n lid ) van elke groep na
`n normaalklas waar meer inligting – skriftelik sowel as mondelings - oor
die studie van die week gegee word. Die skriftelike stukke kan ook
aan elke lid van die groep gegee word.
 
Ons wil baie jou graag uitnooi om by `n Bybelstudiegroep aan te sluit.
Handleidings is by die kerkkantoor beskikbaar.
 
Enige vrae kan gerig word aan Danie du Plessis by die kerkkantoor
(021) 851 5582 of huis (021) 855 2391 of 072 726 6018.
Alternatiewelik, stuur 'n e-pos aan Danie.
 Alle regte voorbehou © 2007 NG Helderberg Gemeente Web Meester:: Marietjie Botha