| Eredienste |
| Eredienstye | Eredienste | Preke | |
| Padkaart na Helderberg Gemeente |
| |
|
| |
|
| |
|
| |
Meditatiewe diens |
| |
'n Erediens gerig op mense met 'n mistieke spiritualiteit – mense wat God in |
| |
stilte en eenvoud soek. Nagmaal word by elke diens bedien. Hierdie diens vind huidiglik |
| |
by Somerset Wes Moedergemeente plaas totdat ons nuwe Kapel klaar gebou is.
(Sien eredienstye) |
| |
|
| |
Klassieke diens |
| |
Die klassieke elemente van gereformeerde eredienste, sang die liedboek, en |
| |
gereelde deelname van die kantory is kenmerke van hierdie erediens. |
| |
Die diens duur vir ‘n uur lank in die Kerkruim. (Sien eredienstye) |
| |
|
| |
Informele diens |
| |
'n Erediens met 'n informele karakter, waar die sang begelei word deur 'n |
| |
orkes met kitare en dromme en gereelde getuienisgeleenthede. |
| |
Die diens duur vir ongeveer ‘n uur en ‘n kwart in die Kerkruim. (Sien eredienstye) |
| |
|
| |
Aanddiens |
| |
Die aanddiens is ‘n informele en meer gemaklike karakter wat gerig is op |
| |
lering (teaching) en dieper indelf in die teks of spesifieke tema. Dit word |
| |
baie keer aangebied in ‘n gesprek formaat deur twee leraars. Die sang |
| |
word begelei deur ‘n orkes met kitare en tromme en daar word ook meer gebruik |
| |
meer gebruik gemaak van multimedia om die lering te versterk. Die diens word |
| |
in die kerkruim om 19:00 gehou. Let asb op dat die kerkruim eers vanaf 18:45
beskikbaar is. |
| |
|
| |
Peuter en Kleuterkerk |
| |
Dit word tydens die kwartaal in die Helderhoekie kerk gehou vir voorskoolse |
| |
kinders, terwyl die oggenderedienste in die kerkruim aan die gang is. Die |
| |
kinders leer geestelike liedjies, hoor Bybelverhale en kry tyd om onder toesig |
| |
te speel en te kuier. |
| |
|
| |
Kiddiekerk |
| |
Dit is 'n erediens wat spesifiek gerig is op die groep van Gr 1 tot 3. Die diens |
| |
vind om 10:00 in die Bruinsaal plaas. Die diens duur sowat 40 minute, |
| |
waarna die kinders verdaag en na hulle lokale gaan vir Jeugaksie. |
| |
Daar kry hulle die geleentheid om na aanleiding van die diens, aktiwiteite te doen |
| |
wat hulle sal help om die dag se sentrale waarheid te onthou. Dit gebeur in
kleingroep verband, onder leiding van hulle jeugaksie leiers. |
| |
|
| |
|
| |
|
| |
|
| |
>> Volgende |