Webwerf Soek:


 
   
Eredienste
Eredienstye | Eredienste | Preke |
Padkaart na Helderberg Gemeente
   
   
   
  Tekkiediens
  Dit is 'n erediens wat spesifiek gerig is op die groep van Gr 4 tot 6. Die
  kinders het Jeugaksie in hulle kleingroepe vanaf 10:00 in hulle jeugaksielokale
  saam met hulle jeugaksie leier en hulle verdaag om ongeveer 10:40 
  na die Bruinsaal vir die Tekkiediens wat ’n informele kinderdiens gemik op hulle
  ouderdoms groep is.
   
  Tienerdiens
Die diens is gerig op die groep  van Gr 7 tot 11, met 'n jeugorkes wat die sang begelei.
Dit word net in die skoolkwartaaltyd om 17:45 in die kerkruim aangebied.  Na die diens verdaag die Tieners na hulle Jeugaksie Kleingroepe tot min of meer 19:30.
 

 

  Pienkvoete Diens
Daar word elke Sondag saam met die Informele diens tyd, ‘n Pienkvoete diens
aangebied in die kelder. Dit is gepas vir ons baba’s vanaf 0-3 jaar. Die diens word
gelewer deur ouers en tieners wat tydens die diens verantwoordelikheid neem vir
die baba’s. Ouers kan ook die diens in die kelder bywoon saam met hulle kinders,
maar is nie afgeskort van die kinders se speelarea nie.

 

 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
  << Terug
 
 
 
 Alle regte voorbehou © 2007 NG Helderberg Gemeente Web Meester:: Marietjie Botha