| Hoe raak ek betrokke ? |
| Ek wil 'n lidmaat word | Omgeegroepe en wyke | Bybelstudiegroepe |
| So kan jy help | Uitreikprojekte | Maak 'n bydrae | Gebed |
| |
| Omgeegroepe en Wyke |
| Omgeegroepvrae 18 Julie 2010 - 25 Julie 2010 |
|
| |
|
| |
|
| |
Versorgingsbediening: Omgeegroepe en Wyke |
|
Ons glo die hele gemeente aanvaar verantwoordelikheid vir mekaar |
|
se versorging. Dit is nie eerstens die leraars of ander gemeenteleiers |
|
se verantwoordelikheid nie. Daar is veral twee bedienings in die gemeente |
|
wat hiermee help, naamlik die omgeebediening en wyksbediening. |
|
Lidmate maak self ‘n keuse by watter een van hierdie bedienings hulle wil |
|
inskakel. |
|
  |
|
Omgeegroepe |
|
Die omgeebediening is ‘n beter versorgingsmodel, maar vra ook ‘n groter |
|
verbintenis van lidmate. ‘n Omgeegroep is ‘n kleingroep van ongeveer 5 |
|
gesinne of 10 persone wat op ‘n gereelde basis (weekliks of tweeweekliks) |
|
op ‘n tyd en plek van hulle keuse bymekaarkom. Die doel van die |
|
omgeebediening is om mekaar te help om die visie van die gemeente |
|
op ‘n praktiese manier uit te leef deur: |
|
  |
|
* mekaar te help om God te aanbid deur onder andere gebed en sang; |
|
* mekaar onderling in liefde te versorg; |
|
* mekaar op te bou deur middel van God se Woord; |
|
* mekaar te ondersteun sodat elke lid kan uitreik na mense en ‘n wêreld in |
|
nood. |
|
  |
|
Enige persoon kan lid van ‘n omgeegroep word. Hy/sy hoef nie eers lid van |
|
n kerk te wees nie. Al voorwaarde is dat die persoon bereid moet wees |
|
om die verbintenis te maak. Kontak ’n vriend/in wat alreeds in ’n omgeegroep |
|
is óf Marié van der Bank by die kerkkantoor as jy lid van ’n omgeegroep wil word. |
|
  |
|
Wyke |
|
Die wyksbediening bied ‘n basiese versorging waar lidmate geografies |
|
by ‘n dienswerker en wyksleier ingedeel word. Dienswerkers word aangemoedig |
|
om maandeliks besoek af te lê om ondersteuning te bied en die |
|
gemeentekoerant (Helderstem) af te lewer. In enkele wyke word daar |
|
maandeliks of kwartaalliks byeenkomste gehou. |
| |
| |